-
Kolonnade / Erdekruik Vrou van die Jaar
-
ATKV – Afrikoon
- Solidariteit – Ster in die Gemeenskap
- Rotary Foundation – Paul Harris Fellow
- Gauteng Provincial Government – Suksesvolle Kersprojek
Kunstenaars soos Steve Hofmeyr, Jacques
de Coning, Paul Buckby,
Gerrie Pretotius, Freddi
Nest, Tommy Oliver,
Boeboe van vetkoekpaleis, Matt
Stern van 7de laan en vele ander het al hier
opgetree ten bate van ons projek en om die publiek se aandag daarop
te vestig. Ons vra glad nie geld van die publiek maar wel geskenke,
kleeflint, geskenkpapier, lekkergoed, koeldrank en kruideniersware.
Ons aanvaar selfs tweedehandse klerasie, meubels, gordyne en ander
huishoudelike artikels om aan die behoeftiges uit te deel. Selfs
tweedehande kersversierings is welkom.
Daar is deesdae so baie mense wat liggies op hulle huise aanbring
en dis pragtig! Ek spot altyd en sê dat ek aan die Peter
Pan sindroom ly, want in my hart sal ek altyd ‘n kind bly
en dat Kersfees vandag net oor geld gaan, maar ons liggies is
liggies met ‘n doel. Hierdie projek voorsien aan duisende
kinders en gesinne iets wat hulle nie in die feesseisoen sou ken
nie. Daar is so baie mense wat op my projek staatmaak en al kos
dit geld en al is dit harde werk, baie beplanning en selfs ‘n
“gebedel” is dit alles die moeite werd. Wanneer ‘n
ouer of ‘n kind na jou toe kom en vertel hoe dankbaar hulle
is vir dit wat jy vandag vir hulle gegee het, want dit is al wat
hulle hierdie feesseisoen ontvang het, vergeet mens van al die
voorbereiding, moeite en “bedel”. Jou grootste vrees
is net altyd dat wanneer jy die laaste pakkie uitdeel,daar nog
iemand in ‘n ry staan wat ook die verwagting het om iets
te kry en daar niks meer is om te gee nie. Dank die Heer dat julle,
die mense met groot harte, my tot dusver so mildelik gehelp het
dat ek nog nooit ‘n kind moes wegwys omdat daar niks vir
hulle was. Ons grootste probleem altyd is die ouderdomsgroep 9
– 12, meisies en seuns. In die verlede het ons maar van
die nege tot twaalf se geskenke vir hulle gegee wanneer ons uithardloop.
So ook die kospakkies, ons kon net aan soveel gesinne voorsien,
want dit was al wat ons gehad het. Enige iemand is welkom om na
die liggies te kom kyk en hulle kinders elke aand na kersvader
te bring vir ‘n geselsie en ’n foto. En hoe meer mense
van ons projek te wete kom hoe meer sal dalk kan help om ons te
help om iemand in nood te help. Dis tog waaroor die lewe gaan.
Mens is so geneig om te vra waarom dit sleg met jou gaan, maar
nooit om te vra wat het jy gedoen om dit te verdien as dit met
jou goed gaan nie! Ek glo dat as jy dink die lewe druk en jy dink
jy kry swaar of jy is ongelukkig, vat al jou probleme en pak dit
in ‘n mandjie en as almal om jou doen dit ook doen en al
die mandjies in ‘n ry plaas, dat jy weer jou eie mandtjie
sou terugvat, want dan besef mens eers dat jou probleme ‘n
druppel in die emmer was in vergelyking met ander s’n.
Baie dankie vir al julle gebede en ondersteuning.
Namens al hierdie mense wat uit ons projek voordeel trek bedank
ek julle uit die diepte van my hart.
Brenda van der Merwe
BEDANKING: Baie
dankie aan
www.mediaart.co.za wat ons webtuiste vir die volgende
jaar borg en ook aan Nadezna Sutherland wat dit vir ons ontwerp
het!!